Screen Size
SA'S LARGEST DATING IDEAS
PLATFORM FOR COUPLES AND FAMILIES
LOVE LIFE &
LIVE IT!

ROMANTIESE IDEES VIR PAARTJIES SOOS GESIEN OP DIE GROOT ONTBYT kykNET

August 12, 2019
/uploads/date-ideas/46-TOP20IDEESVIRPAARTJIES-2019-05-29.jpg

Hallo daar, Groot Ontbyt-kyker! Welkom by Date Night Ideas for Couples in South Africa. Hier deel ons heerlike idees wat paartjies en huweliksmaats help om die tyd wat hulle het om saam te bestee, ten volle te benut en geniet. Ons bied ook wonderlike aanbiedinge op alles van wegbreek-naweke en vlugte, tot avontuur-uitstappies, gesinspret en nog meer. 

Hier onder is 'n lysie van ons top idees en pragtige plekke om saam te besoek. Slaan munt uit hierdie spesiale idees en bederf jou geliefde. 

BESOEK DIE VOLGENDE PLEKKE SAAM JOU GELIEFDE 
Die Forever groep is wêreldbekend vir hul unieke natuurskoon, akkommodasie en fasiliteite met met 9 Oorde, 8 Lodges, 4 Hotelle en 3 Wildsplase. Gefokus op familie waardes, sorg Forever vir bekostigbare wegbreekvakansies vir die hele gesin. Van lekker Kamp en Karavaan staanplekke, luukse Tente, warm Hotel-kamers, toegeruste self-sorg Chalets, Rondawels, Lodges, Gastehuise vir die hele familie, selfs romantiese Hout Huise. 

Ontsnap na eksklusiwiteit, stil woud wegbreke, romantiese berg uitsigte, onaangeraakte bosveld tot ontspanende spa’s, natuurlike warmwaterbron hidro’s, warmwater swembaddens, waterparke en smul lekker restaurante.

Die avontuurlustige paartjie of vriendegroep kan kies uit aktiwiteite soos visvang, go-carts, perd- en bootritte, super tubes, stap roetes, bergfietsroetes, piekniekareas, wildbesigtigingsritte en nog vele meer. Forever is ook bekend vir hul trou- en makietie bestemmings gepaardgaande met spanne wat altyd bereid is om elke gas of klient by te staan, voor en agter die skerms. Besoek www.foreversa.co.za vir meer inligting. 


Akabeko Boutique Hotel is 'n luukse 5-ster bestemming weggesteek in 'n lowerryke vallei in die Mpumalanga berge met die Hoppe-rivier wat lustig daardeur vloei. Dis ideaal vir 'n romantiese wegbreek, 'n spesiale wittebrood, sowel as intieme, elegante geleenthede. 

Gaste kan aandoen by die Kalahari Spa vir behandelings, aansit vir heerlike maaltye by die fynproewer-restaurant, golf speel, lekker wandel op 'n verskeidenheid wandelpaaie en selfs hengel. Daar is ook 'n hele paar beeldskone piekniek-plekke te vinde op die gronde, so paartjies kan 'n mandjie laat pak en die dag in die natuur spandeer as hulle so voel. Akabeko Boutique Hotel is nommerpas vir luukse romanse – bespreek sommer nou! Besoek www.akabekohotel.com vir meer inligting. 

Menlyn Boutique Hotel is een van die seldsame Pretoria-akkommodasie-plekke wat daarin slaag om luuksheid en rustigheid te kombineer met 'n pragtige, kunssinnige omgewing. Gaste kan uitsien na gedetailleerde en persoonlike diens in 'n wonderlike omgewing wat met 'n kundige oog versier is. Die gesogte hotel is geleë in die hartjie van Tshwane, oorkant die pad vanaf die bekende Menlyn-winkelsentrum en binne trefafstand van die OR Tambo Internasionale lughawe – die ideale opsie vir paartjies, sake-reisigers en vakansiegangers. 

Daar is 'n verskeidenheid kamers om van te kies, insluitende 'n romantiese suite wat bespreek kan word vir spesiale okkasies. Die hotel het ook 'n swembad, restaurant en spa. Die Black Bamboo restaurant is bekend vir 5-ster fynproewersdisse en die Beauty Within salon bied 'n volledige reeks gesondheidsbehandelings. Troupaartjies kan ook die hotel volledig uitbespreek vir 'n onthaal van tot 100 gaste. Besoek www.menlynhotel.co.za vir meer inligting. 

Fifty Seven Waterberg is ook deel van die groep, besoek gerus www.57waterberg.com vir meer inligting. 

Ver van die stadsliggies, in 'n groot, oop ruimte waar rotsformasies die horison omarm, is daar 'n plek waar natuurliefhebbers 'n unieke omgewing kan ervaar. Die Kagga Kamma Natuurreservaat is geleë in die skilderagtige Sederberge en bied ongeëwenaarde akkommodasie in een van Suid-Afrika se mees geliefde bergagtige streke. Die reservaat is bekend vir uitsonderlike natuurskoon, en bied ook aan gaste 'n verskeidenheid unieke akkommodasie opsies (jy kan selfs onder die sterre slaap as jy wil!). 

Geniet fassinerende toere en aktiwiteite, insluitend rotskuns-toere, begeleide natuurritte, vierwiel-roetes, staproetes en bekyk die sterre vanaf 'n mini-observatorium. Ontspan by die Kagga Kamma-swembad terwyl jy die omliggende rotsformasies bewonder; of geniet 'n skemerkelkie by die boma wanneer die son sak. Daar is soveel om te geniet by hierdie pragtige toevlug – jy kan selfs die groot vraag vra tydens 'n private maaltyd op 'n rotskoppie, 'n piekniek in die veld of as deel van 'n doelontwerpte skattejag! 

Besoek www.kaggakamma.co.za vir meer inligting. 


Monate Game Lodge is 'n rustige, elegante wegbreek-toevlug geleë in pragtige tuine op 'n ongeveer 3000-hektaar privaatreservaat in die Limpopo Provinsie. Die lodge is 'n gesogte naweek-troubestemming en staan reg om paartjies te help om hul bruilof-drome te bewaarheid. Of jy nou 'n klein, intieme geleentheid in gedagte het of 'n groot, glansryke onthaal wil hou, die Monate-span sal seker maak die geleentheid voldoen aan al jou vereistes. 

Haak die knoop deur onder die enorme Rooiblaarrotsvy of 'n Maroela, of sweer ewigdurende trou in 'n tradisionele kapel – by Monate is die keuse joune. Daar is ook 'n verskeidenheid onthaal-opsies op die tafel en akkommodasie beskikbaar vir 84 gaste op die perseel in 38 dubbelkamers en 2 swierige villas. Besoek www.monatelodge.com vir meer inligting. 

Wild & Free Game Lodge is geleë in 'n ongerepte gedeelte van die pragtige, malariavrye Suid-Afrikaanse bosveld, aan die suidelike voetheuwels van die Waterberge. Slegs twee uur noord vanaf Johannesburg bied hierdie 12000-hektaar reservaat toegang tot onskatbare dier- en voëllewe, insluitend die majestueuse Groot Vyf. Die pragtige 5-ster lodge versmelt soomloos met die natuurlike omgewing en bied 'n skouspelagtige uitsig oor die vallei daaronder. 

Hier ondervind besoekers 'n seldsame gevoel van vryheid en kalmte terwyl hulle hernude inspirasie put. Kom bewonder die juweel van die bosveld – 'n romantiese safari-ervaring waar eksklusiwiteit, styl en luuksheid slegs oorskry word deur prentjiemooi sonsondergange oor die oeroue Afrika-bos. Besoek www.wildandfreegamelodge.co.za vir meer inligting. 


Hennops Trails 'n halfuur vanaf Pretoria en Fourways geleë op pad na die Hartebeespoortdam. Die pragtige familieplaas is heerlik rustig en werklik mooi, met die Hennopsrivier wat vloei tussen twee bergreekse. Besoekers kan uitsien na drie staproetes (2.5km, 5km en 10km), 'n bergfietsroete van tussen 5km en 33km (afhangende hoe jy ry) en 'n 4x4-roete vir bakkie-geesdriftiges. Daar is ook 'n heerlike piekniek-area langs die rivier, waar paartjies, gesinne en groepe vriende kan uitspan vir die dag. 

Met twee swembaddens en oorgenoeg braaiplek, is dit beslis die plek om te wees op sonnige somersdae. Een gastehuis is beskikbaar vir paartjies wat wil oorbly om ʼn romantiese naweek daarvan te maak. Besoek www.hennopstrails.co.za vir meer inligting. 

Die Indaba Hotel, Spa & Conference Centre in Fourways, Johannesburg is die perfekte bestemming vir enige een wat  wil wegbreek van die alledaagse, of romanse herontdek. Alhoewel die hotel in die hartjie van die stad geleë is, spog die hotel met  prag tuine wat 'n paradys vir ‘n groot verskeidenheid voël spesies is. Dis ook hier waar jy die luukse Mowana Spa sal vind. Die spa is toeganklik vir gaste sowel as dagbesoekers, en bied 'n verskeidenheid behandelings teen bekostigbare pryse. 

Die hotel het vier onthaal-lokale wat bespreek kan word vir troues en funksies van alle groottes. Ndaba Palace kan tot 70 gaste akkommodeer; die Ingidini lokaal tot 120, die Injabulo en Kgotla banketsale kan elk tot 450 gaste verwelkom. Gaste kan die pragtige uitsigte oor die prentjiemooi Kgotla Dam, vannuit die Kgotla banketsaal geniet. Aanstaande paartjies het 'n keuse tussen’n buite-troue onder die gazebo, of 'n binne-troue in ons pragtige kapel. Verskeie trou-pakette is beskikbaar en kan aangepas word volgens jou begroting. Besoek www.indabahotel.co.za of www.mowanaspa.co.za vir meer inligting. 

Irene is 'n historiese area in Centurion wat bekend vir die lang, kronkelende eikeboomlaning waarlangs koeie in lowergroen weivelde wei. Irene Country Lodge is 'n luukse hotel met 75 pragtige, ruim kamers, 'n prentjiemooi eetkamer waar gaste kan aansit vir fynproewerdisse, 'n funksie- en trou venue, sowel as die Camdeboo Dag Spa wat 'n wye verskeidenheid behandelings aanbied. Gaste arriveer by 'n oase van rus en rustigheid, en dis maklik om te vergeet dat jy jouself naby een van Suid-Afrika se besigste metropolitaanse gebiede bevind. Kom geniet 'n unieke kombinasie van ongekende gerief en bederf by Irene Country Lodge. Besoek www.irenecountrylodge.co.za vir meer inligting. 

Bona Bona Game Lodge is geleë langs die prentjiemooi N12 roete tussen Klerksdorp en Wolmaranstad in Noordwes, minder as 3 ure se ry vanaf Johannesburg. As jy uit die stad wil kom, maar nie 4 tot 5 uur wil spandeer om jou bestemming te bereik nie, moet hierdie wonderlike lodge bo-aan jou lys wees. Die paaie is in goeie toestand en daar is baie interessante aantreklikhede om te besoek op pad. 

Pak 'n piekniekmandjie en stop hier en daar om die streek se gasvryheid te geniet. Om by Bona Bona aan te kom is soos om 'n stywe skoen uit te trek – dit is so stil en rustig dat jy dadelik ontspanne en tevrede voel. Hierdie 4-ster-lodge bied slaapplek vir tot 118 gaste, wat dit dus 'n goeie opsie maak vir troues en groter byeenkomste met familie en vriende. Dit is ook nommerpas vir wittebroodvieringe en huweliksherdenkings. Die restaurant berei wonderlike kos voor (die lamskenkel is asemrowend!) en daar is ook 'n spa waar mens masserings en ander behandelings kan geniet. 

Bona Bona bied ook gereeld wynproeë, trou ekspo’s en ander geleenthede aan – hou gerus 'n oog op hul sosiale blaaie om meer uit te vind. Besoek www.bonabona.co.za vir meer inligting. 

Die Fairview Hotel is gerieflik gelee net buite Tzaneen op die R71 roete, slegs 96km vanaf die hoofingang van baie bekende Kruger Nasionale Wildtuin. Die pragtige vier en vyf ster gegradeerde hotel spog met 'n verskeidenheid akkommodasie opsies, wat suites en selfsorg-gesinseenhede insluit en is die perfekte basis bied om die Tzaneen-streek vanaf te verken. Van hier kan mens wegspring om verskeie staproetes aan te pak, op bootritte te gaan, voëls te gaan kyk, boomtop-toere te geniet, 'n potjie golf te speel, of sommer net afpak langs die swembad en ontspan. 

Die Le'Thaba Restaurant bied heerlike Suid-Afrikaanse disse en wyne, en by die Zen Spa kan die profesionele span skoonheidsterapeute jou bederf met ‘n wye verskeidenheid behandelings en skoonheidprodukte. Besoek www.fairviewtzaneen.co.za vir meer inligting. 

Castello Di Monte is 'n 5-ster gastehuis geleë in die luukse, lowergroen area van Waterkloof Ridge in Pretoria. Hierdie pragtige toevlug is binne trefafstand van die stad se hoofroetes, en bied aan paartjies die geleentheid om te ontsnap na 'n weelderige omgewing sonder om te ver te reis. Castello Di Monte bied ook spesiale 'date night' pakkette aan. Sit aan vir ʼn heerlike, private 3-gang ete op die uitkyk-dek, slaap oor in een van die pragtige kamers, en geniet ontbyt die volgende oggend teen so min as R3400 per paartjie. Volle liggaamsmassering kan ook bespreek word vir 'n ekstra bederf. Menlyn Maine is lekker naby of Pretoria Country Club vir paartjies wat golf saam geniet. Besoek www.castello.co.za vir meer inligting. 

Forest Edge bied knus, private akkommodasie in 'n rustige omgewing in die middel van die Tuinroete, op die randjie van die eeue-oue Knysnabos naby Rheenendal. Hierdie bekroonde bestemming is nommerpas vir natuurliefhebbers en paartjies wat wil wegbreek vir 'n onvergeetlike wittebrood of romantiese vakansie. Kom maak herinneringe in 'n prentjiemooi omgewing waar jy skemerkelkies kan geniet saam met die vuurvliegies, onverstoorde natuurskoon kan bewonder vanaf jou stoepie en aansit vir ontbyt teenaan die lelie-dam. Forest Edge bied 'n wonderlike verskeidenheid romantiese pakkette, sowel as wittebrood-pakkette vir nuutgetroude paartjies. 

Dis die ideale bestemming vir aktiewe besoekers wat wil fietsry en verken, sowel as diegene wat verkies om eerder hul piekniek te hou langs 'n bergstroom, of tyd te verwyl in 'n hangmat op die stoep. By Forest Edge kies jy jou eie avontuur. Forest Edge in Knysna, besoek www.forestedge.co.za vir meer inligting. 

Casa Toscana, geleë in Tshwane, bied 4-ster luukse akkommodasie wat die styl en karakter van Toskane in die hart van een van Suid-Afrika se mees lewendige stede vasvang. Met 'n wonderlike verskeidenheid besonderse akkommodasie-pakkette wat voldoen aan vele vereistes, bied hierdie uitsonderlike bestemming 20 pragtige kamers wat perfek is vir romantiese naweke in 'n klassieke, dromerige atmosfeer. 

Casa Toscana bied ook troues en privaatfunksies aan met 'n alles-in-een diens wat spyseniering, dekor, opstel en meer insluit. Troupaartjies kan die knoop deurhak in 'n pragtige kapel of kies om die ja-woord uit die buitelug te se. Die Rubica-saal is beskikbaar vir onthale, en 'n gazebo en pragtige tuine skilder 'n pragtige agtergrond vir foto’s – die perfekte plek vir 'n besonderse troue! Besoek www.casatoscana.co.za vir meer inligting. 


BESPREEK 'N TREINTOER
JB Train Tours is reeds sedert 1975 een van Suid Afrika se mees gesogte treintoer-operateurs. Hul innoverende dienste sluit 'n reeks bekostigbare trein, vlug en bustoere vir paartjies en families in – veilige, gemaklike vervoer benodig teen begrotingsvriendelike tariewe. Dan bied hulle ook luukse toere aan boord van die besonderse Blou Trein en Premier Classe-treine. 

Hierdie wegbreek-geleenthede sluit alles in van weeklange toere tussen Kaapstad en Johannesburg, tot asemrowende ritte deur die Drakensberge. Treinliefhebbers kan ook meedoen aan gesellige ritte na jaarlikse geleenthede soos die KKNK-Kunstefees en Twee Oseane-marathon. Herbeleef die ouwêreldse weelde van treintoere; bespreek sommer vandag nog 'n romantiese wegbreekkans saam met jou lewensmaat. Besoek www.jbtours.co.za vir meer inligting. 


RESTAURANTE OM TE BESOEK 
Partykeer is 'n gesellige uiteet-sessie presies wat 'n mens nodig het om te ontspan saam met jou huweliksmaat of gesin. Wanneer jy gaan aansit vir ete by 'n plek soos Del Forno Pizza Pasta Grill kom jy baie gou agter dat heerlike Mediterreense disse, 'n verwelkomende atmosfeer en billike pryse sommer gou-gou die sorge laat verdwyn en spasie skep vir lekker lag en gesels. 

Del Forno het ook 'n verskeidenheid spesiale aanbiedinge gedurende die loop van enige gegewe week, insluitend die 'Dinner Date for 2' op 'n Woensdag. Teen slegs R289 kan jy en jou geliefde gaan aansit vir 'n focaccia om te deel, twee hoofmaaltye, 'n gedeelde nagereg en 'n bottel van die huiswyn – hoe is daai vir 'n winskoop? Besoek www.delforno.co.za vir meer inligting en tak in jou are. 


As jy lief is vir seekos is John Dory’s in Newmarket, Alberton nommerpas vir ʼn lekker romantiese maaltyd. Kom sit aan vir alles van perfekte vis en skyfies en heerlike vars slaaie, tot goue calamari-ringe, romerige mossels en liplek-lekker sushi. Die atmosfeer in die restaurant is lig en vriendelik, en geskik vir beide dag- en aandmaaltye. 

Of jy nou vinnig wil inval vir ʼn koppie koffie saam met jou lewensmaat, ʼn nuwe persoon kom ontmoet om mekaar beter te leer ken oor ʼn heerlike bord seekos, of heel aand wil uitspan om weer ʼn slag met mekaar te gesels, jy kan verseker wees van uitmuntende diens, bekostigbare pryse, fantastiese spesiale aanbiedinge en ʼn spyskaart met ietsie vir almal. Volg hulle op Facebook vir meer informasie. 

Clearwater Mall in Roodepoort is 'n uitstekende aandjie-uit-bestemming vir paartjies, gesinne en nog meer. Of jy nou daarvan hou om rond te drentel en die nuutste modes te beloer deur die winkel vensters, wil aansit vir heerlike ete by een van meer as 30+ restaurante, of 'n lekker outydste springmielie-en-fliek ervaring in gedagte het, Clearwater Mall bied iets van alles. Avontuurlustiges kan selfs 'n draai om die go-kart baan gooi, en dis natuurlik die heel beste plek om te gaan snuffel vir alles van verjaarsdag- tot huweliksherdenking-geskenke. Die winkelsentrum bied ook gereeld spesiale geleenthede en ekspo’s aan – hou gerus 'n oog op hul webwerf en sosiale media kanale.

LUS VIR AVONTUUR?
Acrobranch is ‘n awesome boom klim avontuur met verkeie hindernisse in die bome waardeer mens moet kruip suil en swaai. Dis regtig pret en avontuur vir almal! Dis die perfekte idee vir avontuurlustige paartjies en dit is iets unieks wat almal geniet. Besoek jou naaste Acrobranch, kry gerus meer inligting op www.acrobranch.co.za



WEN 'N PIEKNIEK VIR TWEE!
Dial-a-picnic gee 'n piekniek weg, klik HIER om in te skryf. Wenner sal direk e-pos ontvang. 

Loer gerus deur ons webwerf vir 'n verskeidenheid innoverende en opwindende afspraak-idees, sowel as gereelde kompetisies en afslag op verblyf, doendinge & nog baie meer.


© 2019 DNI - All rights reserved.  |  Privacy Policy