Screen Size
SA'S NR1 IDEAS PLATFORM FOR
DATE NIGHTS
BECAUSE WE STILL BELIEVE
IN LOVE

MAAK TUIN IN DIE LENTE

November 21, 2017
/uploads/date-ideas/37-MAAKTUININDIELENTE-2017-11-21.JPG

Die winter is verby en die tyd het aangebreek om jou tuin voor te voorberei vir die lente. Of jy nou ‘n groot tuin met grasperke en bome het, ’n tuinwoonstel of selfs net woonstelbalkon, daar kan geplant en gesaai word om die wonderlike kleure van die lente te geniet. 

Om ‘n pragtige lentetuin te verseker, is daar heelwat voorbereiding wat ons nou in die tuin moet doen.  

Die eerste stap is om al die struike en bome terug te snoei en die grasperk te versorg. Die 2 de stap is om ontslae te raak van al die onkruid in jou tuin. Onthou, wanneer jy die grond losmaak, kan dit tot verdere verspreiding van onkruidsaad lei.   Indien die bedding reeds geplant is met meerjarige struike  moet jy die onkruid versigtig uithaal met wortels en al. As dit ‘n bedding of ‘n pot is wat braak gelê het deur die winter, kan jy die onkruid uitroei deur dit te bespuit met Protek se Clear All of Clear Pave. Die produk is ook ideaal om te gebruik vir die onkruid wat so geil op jou plaveisel groei. Dit neem sowat ‘n week vir Clear Pave/Clear All om die onkruid tot in die wortels dood te maak.

Stap 3 is om kompos en kunsmis in jou beddings in te werk. Die 2 k’s bly altyd verwarrend vir die meeste tuiniers. Dit is belangrik om te onthou dat plante beide kompos en kunsmis benodig. Kompos help om die dreinering van die grond te verbeter en dit sit ook bakterie terug in die grond wat die plante help om die voedingselemente, veral Stikstof (N) wat in die kunsmis is, te kan opneem.  

Dit is belangrik om die kunsmis en kompos ten minste 30 cm diep in die grond in te werk.  In die begin van die lente, is dit belangrik om ’n algemene kunsmis, soos Protek se 2.3.2, in te werk. 2:3:2 beskik oor bykans gelyke dele van die 3 belangrikste voedingselemente wat deur plante benodig word, naamlik: N (stikstof) om vinnige blaargroei met ’n gesonde groen kleur te bevorder, P (fosfaat) wat noodsaaklik is vir die verdeling van selle aan die groeipunte van plante se wortels onder die grond asook vir die groeipunte van bogrondse groei en K (kalium) om blom- en vrugvorming by plante te bevorder. 

Die plant benodig ook spoorelemente (ook genoem mikro-elemente) soos yster (Fe), mangaan (Mn), koper (Cu), sink (Zn) en boor (B) in klein hoeveelhede, wat maklik met 'n blaarbespuiting van ‘n produk soos Protek Guanoflo toegedien kan word. Guanoflo is 100 % organies en beskik nie net oor die mikro- en makro-voedingselemente nie, maar ook oor noodsaaklike bakterieë wat plante benodig om optimaal te kan groei. 

Dan is die lentevoorbereiding van jou tuin afgehandel en kan jy uitsien na ‘n spoggerige tuin in die somer. Besoek www.proteksa.co.za vir meer inligting. 

BROUGHT TO BY

PROTEK SA

Create a gorgeous outdoor environment with Protek to enjoy with your partner and make a few memories in the process. Protek offers a comprehensive range of home and garden pest control and plant nutrition solutions for avid gardening couples or beginners alike. Keep your prized garden lush and vibrant with the help of Protek's innovative fertilisers, insecticides, herbicides, fungicides and more. Available from all leading hardware stores, nurseries, chain stores, cooperatives and independent retailers, Protek's range of easy-to-use products makes gardening a breeze.

FULL DIRECTORY

Find the best accredited service providers.

AWARENESS WEEK

REGISTER
© 2018 DNI - All rights reserved.  |  Privacy Policy