Screen Size
SA'S NR1 IDEAS PLATFORM FOR
DATE NIGHTS
BECAUSE WE STILL BELIEVE
IN LOVE

DIE BESTE HUWELIKSADVIES

April 02, 2018
/uploads/articles/0-DIEBESTEHUWELIKSADVIES--IT-2017-09-27.jpg

Die huwelik is nie aldag ‘n maklike ding nie. Om jou lewe volledig met ‘n ander persoon te deel verg enorme toewyding en dis belangrik dat mens deurlopend aan jou verhouding aandag gee om te voorkom dat dit stagneer. 

By Date Night Ideas het ons oor die jare ‘n paar onmisbare pêrels van wysheid bymekaar geskraap oor hoe om die huweliksvlammetjie aan die brand te hou. Ons deel ons vandag ons 24 gusteling huwelikswyshede. Ons hoop dit sal jou inspireer om sommer weer van voor af moeite te maak met jou huweliksmaat en julle verhouding hoog op die prys te stel. 

1. Kies om mekaar lief te hê selfs in daardie oomblikke wanneer jy sukkel om mekaar te hou. Liefde is 'n besluit, nie 'n gevoel nie.
2. Antwoord altyd die telefoon wanneer jou man/vrou bel, en probeer waar moontlik om jou foon af te sit wanneer jy tyd spandeer saam met jou gade.
3. Maak tyd saam 'n prioriteit. Begroot vir 'n konsekwente #datenight. Tyd is die geldeenheid van verhoudings, so belê deurlopend tyd in jou huwelik.
4. Omring jouself met vriende wat jou huwelik sal versterk en verwyder jouself van mense wat jou in die versoeking kan lei om jou karakter te benadeel.
5. Maak lag die klankbaan van jou huwelik. Deel oomblikke van vreugde, en vind selfs in die moeilike tye redes om te lag.
6. Onthou in elke argument dat daar nie 'n wenner en 'n verloorder is nie. Julle is vennote in alles, dus sal julle saam wen of saam verloor. Werk saam om 'n oplossing te vind.
7.     Onthou dat 'n sterk huwelik selde twee sterk mense op dieselfde tyd het. Dit is gewoonlik 'n man en vrou wat om die beurt mekaar versterk in die oomblikke wanneer die ander swak voel.   

       
8. Prioritiseer wat in die slaapkamer gebeur. Dit verg meer as seks om 'n sterk huwelik te bou, maar dit is byna onmoontlik om 'n sterk huwelik daarsonder te bou!
9. Onthou dat die huwelik nie 50-50 is nie, egskeiding is 50-50. Die huwelik moet 100-100 wees. Dit verdeel nie alles in die helfte nie; albei vennote gee alles wat hulle het!
10. Gee jou beste aan mekaar, nie jou oorblyfsels nadat jy jou beste aan almal anders gegee het nie.
11. Leer van ander mense, maar moet dit nie nodig ag om jou lewe of jou huwelik met enigiemand anders te vergelyk nie. God se plan vir jou lewe is meesterlik uniek!
12. Moenie jou huwelik aan die slaap hou terwyl jy jou kinders grootmaak nie, anders sit jy eendag met 'n leë nes en 'n leë huwelik.
13. Moet nooit geheime van mekaar hou nie. Geheimhouding is die vyand van intimiteit.
14. Moet nooit vir mekaar jok nie. Leuens breek vertroue en vertroue is die grondslag van 'n sterk huwelik.
15. As jy 'n fout gemaak het, erken dit en vra nederig om vergifnis. Albei partye moet gou wees om te sê, "Ek was verkeerd. Ek is jammer. Vergewe my asseblief".
16. Wanneer jou man/vrou jou vertroue verbreek, vergewe hulle onmiddellik. Die bevorder genesing en skep die geleentheid vir vertroue om herbou te word. Jy moet vinnig wees om te sê, "Ek is lief vir jou. Ek vergewe jou. Kom ons beweeg vorentoe."


17. Wees geduldig met mekaar. Jou gade is altyd belangriker as jou skedule.
18. Inspireer jou seuns en dogters om goeie huweliksmaats te wees vir hul toekomstige gades deur ten alle tye vir hulle 'n goeie voorbeeld te stel in jul verhouding. 
19. Moet nooit sleg praat oor jou eggenoot by ander mense of aanlyn oor hulle kla nie. Beskerm jou eggenoot ten alle tye en op alle plekke.
20. Dra altyd jou trouring. Dit sal jou herinner dat jy altyd met jou gade verbind is en dit sal die res van die wêreld herinner dat nie toevanklik is vir toenadering nie. 
21. Vind 'n gesamentlike geloofsgemeenskap. 'n Goeie kerk kan 'n wêreld van verskil in jou huwelik en familie maak.
22. Bid saam. Elke huwelik is sterker met God as die grondslag daarvan.
23. Wanneer jy moet kies om jou gade iets onbeskof toe te snou, of eerder niks te sê nie, sê eerder niks. 
24. Moet nooit egskeiding as 'n opsie oorweeg nie. Onthou dat 'n "perfekte huwelik" net twee onvolmaakte mense is wat weier om op te gee.

Hierdie is natuurlik net die oortjies van die seekoei. Ons sal graag wil hoor watter raad ons lesers oor die jare teëgekom het. Deel gerus jou bydrae in ons kommentaar-afdeling. Wie weet, miskien is dit daardie één brokkie raad wat iemand nodig gehad het om hulle skouer weer aan die wiel te sit om hul verhouding-wa deur die drif te trek! 


BROUGHT TO BY

TRAVELSTART Search and Book Cheap Flights

Cheap flights, incredible hotels and affordable car rentals. Travelstart is Africa’s leading online travel agency. Based in sunny Cape Town, they have offices across Africa and the Middle East where hundreds of Travelstarters are dedicated to rocking your travel world. They want their customers to spend less time planning their travels and more time on holiday. Their mission is to save you time, money and stress with their simple online booking platform. You can search, compare and book your travel all in one place. 

FULL DIRECTORY

Find the best accredited service providers.

AWARENESS WEEK

REGISTER
© 2018 DNI - All rights reserved.  |  Privacy Policy