Screen Size
SA'S NR1 IDEAS PLATFORM FOR
DATE NIGHTS
BECAUSE WE STILL BELIEVE
IN LOVE

WENKE VIR GESONDE SEKS LEWE

August 08, 2017
/uploads/articles/0-MY5TOPWENKEASSEKSUOLOOGVIRGESONDESEKS-2017-04-12.jpg

Jy is ʼn wat? Sjoe, dit moet interessant wees. Dit is opmerkings wat ek gereeld hoor. En ja, ek is mal oor my werk. Dit is positief, verrykend en baie bevredigend wanneer mense se verhoudings en lewe ten goede verander. In die byna 20 jaar wat ek in privaatpraktyk is, het ek ʼn top 10 lys van die beste sekswenke volgens my saamgestel. Vandag deel ek die eerste vyf. 

Bring die humor terug slaapkamer toe. Lag meer en hê meer pret. Vir baie paartjies is seks net té ernstig. Daar is verskeie vorme van gesonde seks soos rollespel, seks op interessante plekke of probeer af en toe met iets nuut eksperimenteer. As jy van die wasmasjien afval of die nuwe posisie laat jou derms knoop, lag lekker saam en probeer iets anders. So skep julle kosbare herinneringe. 

Sensualiteit en genot behoort die fokus te wees. Seks mag nooit seer wees of soos ʼn plig voel nie. Dit moet iets wees wat jy doen, wanneer jy dit wil doen, omdat dit lekker is en intimiteit en sensualiteit kweek. Dit is sielskommunikasie. 

Wees kreatief, veral in die maniere waarop jy seks inisieer. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon dat dit belangrik is om seksuele spanning te behou nie. Roetine is jou sekslewe se grootste vyand. Seks (voorspel) is ʼn deurlopende proses. Nie die hand wat jy uitsteek wanneer julle vannaand moeg in die bed val nie. Maar leer ook om jou maat se ‘ek is nie nou in die bui nie’, met grasie te aanvaar en nie persoonlik op te neem nie. Dit is beter om dalk minder gereeld seks te hê maar beter kwaliteit seks te hê.

Die reis is belangriker as die eindbestemming. Die fokus is op deurlopende genot. Haal die druk af van orgasme bereik en meer nog van gesamentlike orgasme bereik. Stel orgasme so lank as moontlik uit. So gaan nuwe wêrelde van ontdekking oop en uiteindelik ja, sal die beloning groter wees. Belê aktief in julle sekslewe. Praat oor julle behoeftes en begeertes en oor die feit dat ‘n gesonde sekslewe ‘n gesonde verhouding verseker. Dit is die sement van ‘n reeds gesonde verhouding. Hou op skuldig voel. Raak ontslae van onnodige inhibisies. ʼn Weeklikse ‘date night’ is ononderhandelbaar. Doen moeite en skep tyd vir mekaar.

Belê in goeie smeermiddel en nuwe generasie seksuele hulpmiddels wat paartjies saam kan gebruik. Besoek gerus erkende seksuoloë se webtuistes. Die webwerf sal ook binne die volgende twee weke aktief wees, met die beste kwaliteit intieme en sensuele produkte beskikbaar, interessante wenke en meer inligting.


BROUGHT TO BY

Dr Elmari Mulder Craig

Dr Elmari Mulder Craig is a well-known sexologist, marital and relationship expert, couples therapist, psychotherapist, clinical hypnotherapist and author. She is dedicated to educating people with practical skills and professional information on how to enhance and maintain successful sexual and emotional intimacy within a relationship.

FULL DIRECTORY

Find the best accredited service providers.

AWARENESS WEEK

REGISTER
© 2017 DNI - All rights reserved.  |  Privacy Policy