Screen Size
SA'S NR1 IDEAS PLATFORM FOR
DATE NIGHTS
BECAUSE WE STILL BELIEVE
IN LOVE

KIKKER JOU SEKSLEWE OP

July 15, 2017
/uploads/articles/0-KIKKERJOUSEKSLEWEOP-2017-03-31.jpg

‘n Gesonde sekslewe is die sement van ‘n huwelik. Die basis van ʼn vervullende seksuele en sensuele verhouding is egter emosionele intimiteit. Die kwaliteit van wat tussen die lakens (of op die bank…) gebeur hang baie nou saam met die kwaliteit van die verhouding buite die slaapkamer. Dit is dus belangrik om genoeg kwaliteit-tyd aan mekaar te spandeer. Dit is soms moeilik in die alledaagse gejaagde lewe, maar beplanning is die antwoord. Skep rituele van saam wees, ‘n weeklikse ‘date night’ en daaglikse konneksie. In my opinie het meeste mense teveel ‘seks’ en VRY hulle te min!

Vervullende seks is ‘n proses en nie ‘n ‘insident’ nie. Dit begin reeds met die soen met ʼn toekoms in die oggend en met die skep van seksuele spanning en afwagting. Stuur dalk ʼn stuitige SMS of bel jou maat onverwags. Onthou jou brein is jou belangrikste seksorgaan, stel jouself daarop in om die saamwees te geniet. Doen moeite om ‘n sensuele atmosfeer te skep deur byvoorbeeld kerse of sagte musiek. Wees kreatief en eksperimenteer. Voorspelbaarheid en verveling is jou sekslewe se grootste vyand. Dink aan interessante maniere om seks te inisieer en breek weg uit die slaapkamer.‘n Naweek alleen saam weg is altyd ‘n goeie idee om eerstens emosionele maar ook sensuele intimiteit te bevorder.

Fokus op die sensuele eerder as die seksuele. Dit gaan oor die reis en nie die eindbestemming nie – oor sielskommunikasie. Vergeet van jou inhibisies en  fokus daarop om te ontspan en die oomblik te geniet. Pasop dat seks nie te ernstig raak nie, hou dit lig en speels en sit die humor terug in die slaapkamer. Seks is nie ʼn resies nie, neem julle tyd. Kommunikeer oor julle seksuele behoeftes. Indien julle probleme ervaar in julle verhouding of op seksuele gebied soos byvoorbeeld ʼn gebrek aan seksuele begeerte, erektiele disfunksie, ʼn onvermoë om orgasme te bereik of enige vorm van seksuele pyn gaan sien ʼn seksuoloog vroeër as later omdat enige sekuele probleem opgelos kan word.

Dr Elmari Mulder Craig is bekend as seksuoloog, huweliks en verhoudingskenner, huweliksterapeut, psigoterapeut en kliniese hipnoterapeut. Sy gebruik 'n holistiese en multi-professionele spanbenadering en integreer jarelange ervaring en kennis op die terreine van individuele psigoterapie, trauma in die kinderjare, verhoudingsdinamika, seksterapie en ook kliniese hipnoterapie om die beste resultate te verseker. Besoek www.elmaricraig.co.za vir meer informasie.

UNDER THE COVERS
Passion, romance and the joy of sex in your marriage! This is what this page is about. Here we celebrate love in its most intimate, fun and very often vulnerable state. This website is filled with article on her needs, his needs, and your needs as a couple. We explore the importance of sex toys as an aid in the bedroom, the meaning of spontaneity and keeping things interesting and spicy (for both of you), as well as exploring new things together.

Sex plays a very important part in a relationship. It is a beautiful experience between two people who love and adore each other. It is the physical expression of two souls coming together to form one. But it can also be a wild and untamed urge.

Under the Covers is a part of the Date Night Ideas group. Sex is after all a natural end to a date with the person you love. Just like it is necessary to schedule dates with your partner, it is important to plan Sex Night as Date Night. Visit www.underthecovers.co.za for more interesting articles. 


BROUGHT TO BY

Dr Elmari Mulder Craig

Dr Elmari Mulder Craig is a well-known sexologist, marital and relationship expert, couples therapist, psychotherapist, clinical hypnotherapist and author. She is dedicated to educating people with practical skills and professional information on how to enhance and maintain successful sexual and emotional intimacy within a relationship.

FULL DIRECTORY

Find the best accredited service providers.

AWARENESS WEEK

REGISTER
© 2017 DNI - All rights reserved.  |  Privacy Policy